Goeienaand, ek het êrens gelees dat te blink en gladde doppe sleg is vir 'n geweer. Die doppe klou nie mooi in die kamer nie en skop dan met hoër druk teen die slot vas.
Sou die teenoorgestelde help - dws dat n mens die doppe met 'n skuursponsie afskuur om hulle skoon te kry, en dan net so los? Die dop is skoon en bietjie grof, en pas nogtans in die kamer. Teoreties sou die dop dan beter vasklou?